genoeg vir 6

• 80 ml olyfolie

• 45 ml korrelmosterd

• sap en skil van 2 suurlemoene

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 350 g Franse groenbone, in kookwater gedompel

280 g sneeu-ertjies (mange-tout), fyngesny

• 150 g suiker-ertjies (sugarsnaps), oorlangs gehalveer

• 240 g ertjies, in kookwater gedompel

• 6 fetakaas-sirkels, gesny

Klits olyfolie, mosterd, sap en skil van suurlemoen saam. Geur goed met sout en peper. Plaas res van bestanddele in groot mengbak en gooi slaaisous oor. Geur weer goed en meng deur. Sit voor saam met steak.