Boomplantweek (1 tot 7 September) is hier en dis tyd om die grawe uit te haal en 'n boom te plant. Met al die bohaai oor omgewingsbewustheid, aardverwarming en groen lewe, het boomplantweek vanjaar nog meer betekenis. Want as ons die planeet wil red, meen die kenners, moet ons begin deur 'n boom te plant.

Die drie spesies waarop daar vanjaar gefokus word is die apiesdoring (monkey thorn), notsung (tree fuchsia) en die dopperkiaat (round-leaved teak).

Daar is reeds 681 749 bome in die Plant a Million Trees-projek, wat verlede jaar deur voormalige president Thabo Mbeki begin is, geplant.

WENKE