Die opwindende nuwe Afrikaanse film, Sy Klink Soos Lente, word op die oomblik verfilm.

SARIE se styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé, het gisteraand op die stel gaan kuier en Bouwer Bosch het besluit om vir SARIE.com-lesers ’n agter-die-skerms-kykie na Sy Klink Soos Lente te gee.

Terwyl die meeste van ons in droomland is, werk dié akteurs en filmspan deurnag van 17:00 - 05:00.

SARIE is ’n trotse mediavennoot van dié projek.