Met sy blou oë en smeulende glimlag is hy vir seker die titel werd! Hy is ook ’n goeie kok, geniet motorfiets ry en praat vlot Frans ... Hy is sowaar ’n man onder die manne, en tog noem hy homself ’n 36-jarige enkelloper.

Bradley is ook baie na aan sy ma, en met die aanhoor dat hy gewen het, het hy aan people.com gesê: “My ma gaan so bly wees.”

Hy het finaliste soos Ryan Gosling van The Notebook, en Jennifer Aniston se kêrel, Justin Theroux, geklop.

Vorige wenners van dié jaarlikse titel is manne soos Johnny Depp, Brad Pitt en George Clooney.

Klik vir ’n video van sy voorbladsessie met People en sy reaksie daarop om die sexyste man op aarde te wees.