In die lokprent van Breaking Dawn Deel 1, sien Twilight-liefhebbers die heldin, Bella (Kristen Stewart), waar sy swanger is, berig people.com.

Dit is nie ’n gewone swangerskap nie, en die komplikasies wat daarmee saamgaan bewys dat die kleinding nie heeltemal “mens” is nie.

Wanneer Bella dit nie meer kan uithou nie, vertel Edward (Robert Pattinson) en sy pa, Carlisle (Peter Facinelle), vir haar dat die baba, wat half-vampier is, te sterk is vir haar liggaam. “Hy vernietig jou van binne af,” sê Edward vir haar.

Sal Bella die swangerskap oorleef, of sal die baba dalk die einde van haar en Edward se verhouding beteken? Ons sal uitvind wanneer Breaking Dawn op 18 November in teaters begin draai.