Hollywood is bittersoet vir Melissa McCarthy. Saam met al die aandag rondom dié aktrise se sukses met Bridesmaids in 2011, het skerp kritiek gekom. Veral oor haar gewig. In die afgelope tyd is selfs as "trekker-grootte" beskou.

In die Julie/Augustus-uitgawe van More-tydskrif het dié aktrise gesê dat sy nou minder sensitief vir sulke kommentaar is as in haar 20's. Sy erken dat ouderdom jou selfrespek leer.

"Ek was al elke moontlike grootte denkbaar," vertel sy. "In my 20's het ek fantasties gelyk, maar ek't dit nie waardeer nie. As ek 'n 6 of 'n 8 was, het ek gewonder hoekom ek nie maar net 'n 2 of 'n 4 kan wees nie."

"Ek het in die speletjie ingekoop: Ek móét langer wees, maerder wees, mooier hare hê. Maar dit is als deel van jonk wees. Nou't ek kinders en ek 'n mens verloor daai energie om oor dié dinge te kommer."

McCarthy en haar man, Ben Falcone, het twee dogters, Vivian (6) en Georgette (3). Melissa en haar medester in The Heat, Sandra Bullock, is glo beste vriendinne.

En oor die resensent wat haar in die New York Times gekritiseer het?

"Ek kry hom jammer, want hy leef met soveel haat. Hy is in 'n ongelukkige fase, en ek's gelukkiger as ooit! Ek lag my dood saam met my man en kinders elke dag, ons is so gelukkig."