Christina Aguilera het in 2012 met 'n voller figuur trots gesê sy aanvaar haar lyf soos wat dit is. Onlangs het dié sangeres weer die gimnasium gereeld begin besoek en het gister dié foto (bo) van haar vietser lyf getwiet.

Christina Aguilera Dié 32-jarige het in 'n onderhoud gesê sy is mal oor haar kurwes nadat sy jare lank rietskraal was, berig die Daily Mail.
My uitdaging was altyd dat ek te maer was. Ek is nou mal oor my kurwes!

Britney Spears

Britney Spears (31), wat saam met Christina in die Mickey Mouse Club was, pronk in 'n wit bikini op die voorblad van Shape

Nadat Britney die afgelope paar jare deur 'n moeilike tyd gegaan het, lyk dit asof sy weer beheer oor haar lewe geneem het. Sy het 'n nuwe kêrel, wat na bewering nie vasgevang raak in haar ster-status nie, én sy gaan moontlik haar eie Las Vegas-vertoning kry.

Britney skryf haar skraler lyf toe aan joga - die oefening waarby sterre soos Jennifer Aniston ook sweer.

Watter oefening doen jy om fiks te bly?