Op die Australiese tydskrif Woman's Day se voorblad is 'n foto van prins William en Kate in hul swemklere op die strand tydens hul wittebrood. En binne verskyn daar glo nóg 15 eksklusiewe foto's. Die prins se pers-span het tot dusver nog geen kommentaar gelewer nie.

Verskeie koerante was wel bewus daarvan dat die koninklike paar na North Island in die Seychelle sou gaan vir hul wittebrood, maar het op versoek van die koningshuis ooreengekom om nie fotograwe te stuur nie.

Die vinger wys nou na die Britse poniekoerante of foto-agentskappe wat geweet het waarheen die pasgetroudes sou gaan. En vrae word gevra of iemand met binnekennis dit sou uitlek na 'n fotograaf.