Hy is een van die bekendste tieners in die wêreld en is gewoond aan die paparazzi. Nou het Brooklyn, die 15-jarige tienerseun van David en Victoria Beckham, kalwerliefde gevind by ’n opkomende Hollywood-aktrise.

Die 17-jarige Chloë Grace Moretz (Kick-Ass, Hugo) is besig om vinnig opgang in Hollywood te maak. Nou het sy blykbaar die aantreklike Britse Brooklyn aan haar sy.

Brooklyn het glo nog tot onlangs met die dogter van ’n aristokraat uitgegaan, berig E! Online. Hy is ook vroeër verbind aan Gordon Ramsay se dogter, Megan.

Net soos pa - sommer van vroeg af reeds ’n hartebreker!

Só lyk Chloë

Bronne: E! Online en Wet Paint