Dis Vrydag! En ná ’n rowwe nuusweek is hier twee video's om jou naweek op  ’n opwindende noot te laat begin. Mense van wyd en syd geniet die sangeres Shakira se musiek. Dís duidelik as jy kyk hoe die passasiers op ’n trein in Madrid onlangs impulsief begin sing en dans het toe ’n musikant haar treffer "La Bicicleta" uitvoer. 

Kyk die video hier:

Maar dit is nie al goedvoel-oomblik vir dié Vrydag nie. Buster die bokser-hond kruip in almal se hart in die nuutste Kersfees-advertensie van die Britse kleinhandelaar John Lewis. Die winkel se advertensies word elke jaar ’n paar weke voor Kersfees uitgereik en laat telkens die internet behoorlik gons.

Kyk die advertensie hier:

Lekker naweek, almal!

Lees nou:

Die Lizzie-projek: die mooiste storie van ’n ‘lelike’ meisie

Kyk wie speel Kate Middleton …

Kyk Springbok-rugbyspeler se oulike tweeling!