Cameron Diaz is nóg een van die Hollywood-bekendes wat erken het dat sy al botox gebruik het. Maar sy het glad nie daarvan gehou nie ... Die 41-jarige aktrise, wat pas haar nuwe boek, Body Book, bekend gestel het, sê dat sy nou gelukkig is om met grasie oud te word, eerder as om op kosmetiese prosedures staat te maak. Kenners praat oor botox, antwoord vrae Volgens die Daily Mail het sy aan Entertainment Tonight gesê: "Ek het al in die verlede botox probeer ... maar dit het my hele gesig op ’n vreemde manier verander. Nee, ek hou nie daarvan nie."

Ek sal eerder my gesig sien oud word as om ’n gesig te sien wat ek nie erken nie.

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Oor haar plooie het sy gesê: " Ek is mal oor hulle - ek gee nie om nie. Dit beteken net ek het my hele lewe lank geglimlag! Ek is lief vir die lewe en het nie ’n probleem daarmee nie." In haar nuwe boek praat sy oor verskeie liggaamskwessies en moedig meisies en vroue aan om hul liggame te leer ken om gesonder lewenskeuses te maak. Sy het self met ’n slegte vel gesukkel en moes leer wat om te eet en wat nie om haar aknee-probleem op te los. Haar boek kan by kalahari.com bestel word. Klik HIER.

Cameron DiazNóg bekendes praat oor hul botox-ervarings

Sonja Heroldt Jane Seymour Julianne Moore Nicole Kidman Julia Roberts