Ná maande se bespiegeling is Cameron Diaz (42) en Benji Madden (35) amptelik verloof. Só berig People.

Die rocker het glo 'n vroeër vanjaar tydens 'n familievakansie saam met Cameron se ouers vir hulle gevro of hy met Cameron kan trou. Madden is die hoofsanger van die groep Good Charlotte. Cameron se ma is 'n aanhanger van Madden, en sy planne dra uiteraard haar goedkeuring weg.

Die verlowing 'n paar dae gelede plaasgevind en 'n vriend van Madden het met People gepraat. Bronne verklap ook dat Diaz baie gelukkiger is sedert sy met Madden uitgaan.

Lees die volledige artikel hier