Volgende jaar gaan beslis ’n goeie jaar wees vir die Pasella-aanbieder Paul Rothmann en die model Candice Boucher: hul eersteling is op pad! Ja, ’n week gelede het ’n stralende Candice op Instagram ’n foto van haar bababoep gedeel.

"Ons het dit maar stil gehou, maar kan dit nie meer wegsteek nie. Gonna be a new adventure," het Paul aan SARIE.com vertel.

Die paartjie sal Kersfees in Port Alfred, Oos-Kaap, saam met sy ma-hulle, sy broer en sy vrou en hul kinders vier.

"Dis gewoonlik ’n fees van kos wat deur my ma voorberei word en hope geskenke, hoofsaaklik vir die kinders," vertel Paul.

Lees meer oor hul Kersfeesplanne hier.

Paul wou nie veel uitwei oor hul kleinding nie, behalwe dat dit ’n seuntjie is!

Baie geluk, Paul en Candice.

Lees nou

’n Seuntjie vir Rolene

Marciel skryf oor 2016: Ek’t gegroei

Perfekte musieklys vir Kersfees