Dink aan Carike Keuzenkamp en jy sien kinders. ’n Skare gesiggies.

Sy is die tannie waarmee baie van ons grootgeword het. Tannie Ghoempie, vir ’n hele geslag. En vroeër tannie Kraaines, die kinderprogram wat sy in die vroeeë dae van TV aangebied het.

Tussen kinders is sy in haar element. Sy het nooit enige groot ideale vir haarself gehad nie: net maar om ma te wees. “Ek was broeis vandat ek ophou popspeel het,” vertel sy.

Die res, 45 jaar in die musiekbedryf as een van ons mees geliefde kunstenaars, het sommer vanself gekom. En nou is sy “moeder” van vele.

Só wil sy jou laat glo. Maar mense wat saam met haar werk, vertel ’n ander storie. Van ’n harde werker wat enigiets sal doen om die produk beter te maak. “Vra haar om ’n boom te klim op 66, en sy sal dit doen,” vertel Linda Korsten, regisseur en vervaardiger van die Ghoempie en Ghoeghoe- musiekreeks, wat nuwe woema in Carike se loopbaan gesit het. “ ’n Bietjie van ’n control freak, wat presies wil weet hoe, wat, waar en hoekom.”

Lees die res van die onderhoud met Carike in die Mei-uitgawe van SARIE.

'n Kykie in Carike se foto-album

Carike KeuzenkampCarike Keuzenkamp

LINKS: Op 5 maande, by haar ma, Rik

REGS: In standerd 3 in Laerskool Generaal Alberts op Alberton

Carike Keuzenkamp

BO: Carike en Olaus op hul troudag

Carike KeuzenkampCarike Keuzenkamp

LINKS: In haar studentedae op Tukkies, en sy sing "Timothy"!

REGS: Cliff Richard oorhandig 'n Goue Plaat-toekenning aan Carike vir "Die Byeboerwa"

BO: Parlementsopening 1994, in 'n uitrusting deur Henja Schaap

Carike Keuzenkamp

BO: Saam met dogters, Carla (links) en Maryke, in 2009

Carike Keuzenkamp

BO: Verlede jaar by haar kleinkinders, Jacques van der Merwe (9), Oluas van Zyl (toe 3 maande) en Niel van der Mewer (11)