Dit was glo 'n voorkomende stap om haarself te laat opneem vir bipolêre depressie, het Zeta-Jones se woordvoerder Maandag aan E! News gesê.

Sy het in 2011 openlik oor haar depressie gesels en vertel dat dit nie iets is om oor skaam te wees nie, en dat sy om hulp soek.

"Catherine het haarself laat opneem," het die woordvoerder gesê. "Sy't voorheen gesê dat sy instem om gereeld behandeling te ontvang en te verseker dat sy optimaal funksioneer."

"Bipolêre depressie affekteer miljoene mense daarbuite, en ek's een van hulle," het Catherine self gesê.

Sy's op 22 April saam met haar akteur-man, Michael Douglas, by die Lincoln-sentrum se 40ste Chaplin-toekenningsgala gesien. Hy't egter verlede Saterdagaand alleen by 'n Wit Huis-dinee opgedaag.

Nóg bekendes met bipolêre gemoedstoornis

Jean-Claude van Damme
Sinead O'Connor
Virginia Woolf
Amy Winehouse
Frank Sinatra
Marilyn Monroe
Demi Lovato
Macy Gray
Mel Gibson

LEES OOK:
My vrou is bipolêr depressief

Ek het ontwaak uit depressie

Bekende joernalis se storie van hoop