Elke verhouding het sy goeie en sy slegte tye, en die Kanadese sangeres Céline Dion erken dit is dieselfde in haar 18 jaar lange huwelik met haar bestuurder Réne Angélil ... Die 45-jarige ster het in 'n onderhoud met Vegas Deluxe's Robin Leach erken dat haar huwelik met haar bestuurder nie altyd glad verloop het nie. "Ons is al deur baie moeilike tye. Dit is nie altyd maklik nie."     "Daar is definitief spanning tussen ons. Dit is nooit maklik om man en vrou te wees nie, en boonop is ons besigheidsvennote ook. Dan is daar die ekstra druk van konserte, toere en reis. Dit is moeilik en verg baie harde werk." Dié bekendes se huwelike hóú celine_dion_nelson_mandela_300wDié Grammy-bekroonde sangeres het Réne die eerste keer ontmoet toe sy net 12 jaar oud was. Hy was 38 jaar oud op daardie stadium en is gevra om haar bestuurder te wees. Hulle het eers begin uitgaan toe sy 19 was. Die paartjie het drie kinders: Die 12-jarige René-Charles en die 3-jarige tweeling Eddy (vernoem na die Algierse liedjieskrywer Eddy Marnay) en Nelson (vernoem na oudpresident Nelson Mandela).     Hoewel hulle huwelik van 18 jaar 'n rare verskynsel in die wêreld van bekendes is, sê Céline dat hulle eintlik eers 7 jaar gelede begin het om ordentlik te kommunikeer. Een van die grootste lesse wat Céline geleer het, was om nie die probleme te ignoreer nie en dit eerder uit te praat.

Dit is 'n les wat elke getroude paartjie moet weet om hul verhouding sterk te hou ... praat oor alles en jy sal vind jy is eintlik steeds in die wittebrood-fase. Kommunikasie - dit is die belangrikste ding. Dít is die geheim.
SARIE-leser vertel: Dís hoe die liefde werk