Dié reeks is ontwerp deur Angelina Jolie in samewerking met Robert Procop en bestaan uit unieke juweliersware met waardevolle stene, berig www.royalcorrespondent.com.

'n Deel van die wins gaan aan 'n liefdadigheidsprojek van Angelina se keuse, die Education Partnership for Children of Conflict.

"Angelina straal elegante selfvertroue uit. Haar styl fassineer mense wêreldwyd en met dié juwele deel sy haar grasie en passie," het Robert op die Style of Jolie-webblad geskryf.

Charlene trou op 2 Julie met prins Albert van Monaco.