Dis op die afgelope 69ste Formule 1 Grand Prix-naweek in Monaco aangekondig.

Charlene is verantwoordelik om bewustheid te skep vir atlete met intellektuele gebreke. Sy sal ook respek en aanvaarding vir dié atlete bewerkstellig deur blootstelling vir die spele te werf. Daar is 3,7 miljoen atlete met sulke gebreke in 170 lande.

“Ek is ongelooflik opgewonde oor die nuwe uitdaging in my lewe, ek is verskriklik bly om die Wêreldwye ambassadeur vir die Spesiale Olimpiese Spele te wees,” het Charlene gesê.

Die Spesiale Olimpiese Spele bied mense met gebreke die geleentheid om hul volle potensiaal te bereik, fisieke fiksheid te ontwikkel, meer selfvertroue op te bou en die vreugde van vriendskap te beleef.

Kyk watter Suid-Afrikaners gaan ook na Charlene se koninklike troue toe:

Die gewilde mansgroep, Romanz tree by dié spoggeleentheid op en so ook die 2009 Idols wenner Jason Hartman.

Van Charlene se swemmers-vriende soos Ryk Neethling, Roland Schoeman en Terrence Parkin gaan ook daar wees.

Elana Meyer wat ook vir Charlene ken deur haar betrokkenheid by SA sport is ook op die gastelys.