Jo-Ann Strauss was daar en sy het eksklusief met Charlene gesels tydens die Monaco Grand Prix.

“Ek ken Charlene al ’n paar jaar, sy vergestalt elegante skoonheid,” het Jo-Ann ná die onderhoud gesê.

“Sy het my in die paleis ingenooi en wat ’n ongelooflike ondervinding en voorreg om daar te kon wees! Charlene is plat op die aarde en mal oor Suid-Afrika, ons het gesels oor braai, rugby en die oop ruimtes in die land van haar jeug.”

Verder kan ons niks sê nie, kyk vanaand Top Billing om die paleis, die toekomstige prinses en haar onderhoud met Jo-Ann te sien.

Hier is ’n paar foto’s van Jo-Ann by Charlene in die paleis:

Charlene Wittstock en Jo-Ann Strauss Charlene Wittstock en Jo-Ann Strauss

Charlene Wittstock