Sneeuwitjie word gespeel deur Kristen Stewart (Bella in die Twilight-reeks), Charlize Theron speel die wrede koningin, Chris Hemsworth is die jagter en Sam Claflin is die prins wat totaal betower is deur Sneeuwitjie se skoonheid.

Die storie wyk egter heeltemal af van die sprokie waaraan ons gewoond is. Daar is byvoorbeeld geen dwergies in die fliek nie, terwyl Sneeuwitjie gesien kan word met ’n swaard en skild pleks van rokkies en met diere wat haar agtervolg waar sy ook al gaan.

Snow White and the Huntsman speel af rondom die jagter, wat veronderstel is om Sneeuwitjie om die lewe te bring in die woud. Maar hy voer nie die opdrag uit nie en word haar beskermheer en mentor. Saam beplan hulle dan om die wrede koningin tot ’n val te bring . . .

Dit sal in 2012 in teaters te sien wees.