SA se goue meisie Charlize Theron en Sean Penn het die skindertonge laat klap oor hul 'geheime' verhouding, maar hulle is dié naweek afgeneem waar hulle hande vashou.

Die twee se agente wil nie ’n woord rep oor hul beweerde verhouding nie, maar ’n nuwe steelfoto wat E! Online bekom het, wys dat Charlize en Sean wel in ’n verhouding is - en nie skaam is om dit weg te steek nie.

KLIK HIER om die foto te sien

 Sien die volgrootte foto van Charlize en Sean HIER Sien die volgrootte foto van Charlize en Sean HIER

Die paartjie het deur ’n kwekery gestap en liefdevol hande vasgehou. Hulle het blykbaar geen poging gemaak om hul verhouding weg te steek nie.

Charlize (38) en Sean (53), wat albei met Oscar-beeldjies spog, het die feestyd saam in Hawaii gevier. ’n Bron het aan E! News gesê dat die paartjie se verhouding vinnig stoom optel. "Hulle is ernstig oor mekaar en kan nie genoeg van mekaar kry nie."

KLIK HIER om die foto van Charlize en Sean te sien wat hande vashou

Bron: E! Online