Maar gerugte beweer dat Charlize met Eric Thal (45) uitgaan, 'n akteur en model wat 'n plaas buite New York het.

'n Vriend van Eric het vir Life and Style-tydskrif gesê dat die twee baie in gemeen het. Eric is 'n boer wie sy eie groente kweek en Charlize het self op 'n plaas groot geword. Hulle is glo mal daaroor om uit Hollywood te ontsnap en dit te verruil vir die rustige lewe op die plaas.

Eric het al teenoor Will Smith in Six Degrees of Separation gespeel.

Hollywood het 'n ruk gelede berig dat daar dalk iets tussen Charlize en Sean Penn is, maar dit blyk iets van die verlede te wees. Indien daar ooit iets was...

Lees meer by www.lifeandstylemag.com

Eric Thal