En nou word daar berig dat Charlize Theron (35) moontlik die bose koningin, Ravenna, gaan speel in die nuwe weergawe van die klassieke feëverhaal, berig moviesblog.mtv.com. Ons het Charlize al in verskeie uitdagende rolle gesien, maar 'n bose feë was sy nog nooit. 

Charlize sal waarskynlik teenoor die Inception-ster Tom Hardy en die bekroonde Johnny Depp speel. Die fliek se verfilming begin vroeg in 2011 onder leiding van die regisseur, Rupert Sanders. Ravenna, gespeel deur Charlize, sal dus die jagter (Depp) op 'n tog stuur om die dierbare Sneeuwitjie te ontvoer.

Nou wonder ons of daar 'n gelukkige einde gaan wees?