Charlize het aan haar vriende erken dat sy tydens 'n Kersvakansie in Mexiko besef het hul verhouding is verby. Sy het ook die antieke ring wat hy vir haar gegee het, ophou dra.

Hul verhouding het glo meer in 'n broer-en-suster-verhouding ontaard as dié van minnaars. Dit was Charlize wat dit beëindig het en Stuart is glo gebroke. Charlize bly aan in hul huis in Hollywood Hills (die huis is in haar naam), terwyl hy na hul Malibu-woning verhuis het ('n plek wat hulle saam gekoop het). Intussen probeer hul hul finansies uitsorteer.

Bron: www.tonight.co.za & www.nuus24.com

Daar's ook gerugte dat Brad Pitt en Angelina Jolie se verhouding op 'n skeisaak afstuur. Kyk na hul verhoudingfoto's oor die jare.