Hoewel Charlize se woordvoerder nog nie die nuus kon bevestig nie, berig THR dat Theron en die stilis Leslie Fremar nou koppe bymekaar sit vir 'n jean-reeks wat in grootmaat by winkels verkoop sal word.

Indien Charlize hierdie projek sou aanpak sal sy in dieselfde bootjie as die celeb-ontwerpers Katie Holmes, Victoria Beckham en Kate Young wees.

Sal jy 'n paar Charlize-denims dra?