"Charlize doen dit weer!"

"Elke feëverhaal het sy donker kant, net soos wat daar soms dinge in die skadu's van kinderboeke skuil. Dink net hoe het regisseur Tim Burton dié donkerte ontgin in 2010 se Alice in Wonderland met Mia Wasikowska en Johnny Depp. En verlede jaar was daar Red Riding Hood met Amanda Seyfried – weereens 'n mengsel van sprokie, fantasie en riller.

"Net so is Snow White and the Huntsman 'n donker fantasie. Ja, as jy dink daaraan om die jongspan saam te sleep vir dié een, maak jy 'n fout. Daar is meer as genoeg om hulle jare se nagmerries te besorg! Maar vir die volwasse kyker is dit 'n aangrypende verhaal wat tog herinner aan die aandstories van vervloeë dae. En, as mens nou eerlik daaraan dink, is die sprokies van bv. Grimm (wat hul Sneeuwitjie, oftewel Schneewittchen in 1812 aan die wêreld bekendgestel het) dikwels 'n grillerige affêre.

"Charles Perrault (van Aspoestertjie-faam) se Bloubaard is net een voorbeeld daarvan dat kinderstories dikwels nie vir kinders is nie. Eweneens is Snow White and the Huntsman se ouderdomsbeperking van 13 daar vir 'n rede. Tieners sal wel mal wees daaroor, en Kristen Stewart (in die rol van Sneeuwitjie) is danksy Twilight lankal 'n gunsteling in dié ouderdomsgroep. En as jy die man in jou lewe saamvat, moet jy maar verstaan sy mond gaan oophang, want Charlize is so beeldskoon soos altyd.

"Maar die hoogtepunt van die fliek bly die kostuums, deur Colleen Atwood, wat al verskeie Oscars vir haar ontwerpe ingepalm het. Die bose koningin (Charlize) pryk in verskeie vereskeppings, en een wat met kewerdoppe uit Thailand versier is, asook een met kraaiskedels. Grillerig maar asemrowend!" - Maya Fowler, Sarie.com

Snow White and the Huntsman begin op 1 Junie 2012 wys

Charlize as die bose koningin


JY KAN WEN!

Jy staan 'n kans om een van drie handsak-geskenkpakke te wen. Elke geskenkpak bestaan uit 'n groot drasak en 'n kleiner palmhandsak. (Sien foto's)

Skryf in hieronder.

Palmhandsak

Kyk die lokprent