Charlize, binnekort te sien in die donker komedia Young Adult, het Dinsdag (27 Maart) haar 4 maande-oue aanneemseuntjie, Jackson, op 'n uitstappie na die poskantoor geneem – kompleet met 'n sterre-kombersie soos sy ma, die Hollywood-ster, daarvan hou. Volgens berigte het sy 'n paspoort vir Jackson gaan optel.

Sy lyk heeltemal gemaklik in haar nuwe rol as ma, veral aangesien dit die twee se eerste uitstappie in die openbaar is. Sy het op 14 Maart vanjaar aangekondig dat sy 'n seuntjie aangeneem het.

Klik om die foto te sien

* In die April 2012-uitgawe van SARIE maak Charlize tyd vir ligte geselsies.