Charlize Theron en haar kêrel, Sean Penn, het die Kaap vir ’n wyle hul tuiste gemaak terwyl hulle aan die fliek The Last Face skiet.

En nou het Charlize haar seun, die 2-jarige Jackson, by ’n skool aan die voet van Tafelberg ingeskryf, berig City Press.

Dié skool het later vanjaar ’n konsert en Jackson mag moontlik deel hiervan wees - en in sy bekende ma se voetspore volg.

Charlize se ma, Gerda, help glo om na Jackson te kyk terwyl Charlize en Sean werk.

Dié bekende gesin geniet die beste wat die Kaap bied en word gereeld by restaurante gesien.

Bron: City Press