SA se goue meisie het Maandag al die aandag getrek langs die loopplank in Parys - in ’n goue mini-rok.

Charlize het saam met haar kêrel, Sean Penn, na die Christian Dior haute couture mode-vertoning in Parys gaan kyk. Maar volgens die Franse media was daar byna meer oë op Charlize as op die modelle.

Charlize se ware skoonheid het na vore gekom met eenvoudige grimering en bykomstighede saam met haar glinster-rok.

Dié 38-jarige aktrise is een van Dior se lieflinge en is vir jare reeds die gesig van hul J'adore-parfuum.

Charlize Theron

Charlize en Sean is sedert Januarie amptelik ’n paartjie nadat hulle vir byna 20 jaar vriende was. Charlize vertel aan Vogue:

Dit het natuurlik gebeur, en voordat ek dit besef het, was ek betrokke by iets wat my lewe beter gemaak het - die mense wat regtig vir my omgee kan die effek sien wat dit op my het.

 Hier is van die ander sterre wat dié mode-vertoning bygewoon het:

Aktrise Marion Cotillard

Emma Watson

Die Oscar-bekroonde Jennifer Lawrence

Bronne: Hello! en Vogue