"Charlize Theron het 'n kind aangeneem. Sy's die trotse ma van 'n gesonde babaseun genaamd Jackson," het 'n verteenwoordiger van Theron gesê.

Die Young Adult-ster se seun is in die VSA gebore.

"Sy wou nog altyd 'n ma gewees het. Sy's bly om dit op haar eie te doen, en sy's bly om 'n ma te wees," het 'n verteenwoordiger gesê.

Sy's nie getroud nie. En het in Januarie 2010, ná 9 jaar, met haar kêrel Stuart Townsend opgebreek.

* Charlize verklap juis 'n paar interessanthede in die nuwe uitgawe van SARIE, vanaf Maandag 19 Maart op straat.

SARIE April 2012