Nuus24 berig dat Barnard, wat ook betrokke was by produksies soos Paljas en die rolprentweergawe van Fiela se Kind, is deur die inbrekers vasgebind, en hulle is later vort met sy Isuzu-bakkie.

Lees die volle Beeld-berig hier. Beeld het ook pas hierdie foto van Barnard gedeel kort ná die aanval.

In die nuutste uitgawe van SARIE (Oktober 2012) gesels ons juis met Chris oor Die wonderwerker en spesifiek oor Eugène Marais, die hoofkarakter in dié reeds bekroonde fliek.

Vir Chris was Marais se kennis van die natuur, sy sukses met hipnose en sy eksperimente met diere, veral interessant. “Tot in daardie stadium het die land nog nie so ’n natuurkenner gehad nie,” sê hy.

Die wonderwerker