Sy nuwe album, As jy weer skryf, bevat 15 snitte en word in Mei uitgereik. Baie mense beskou Ek herhaal jou as een van die mees geliefde albums nog in Afrikaans. Dit het Ingrid Jonker se werk van voor af op ’n nuwe manier aan die publiek bekend gestel. “Ek het Ek herhaal jou in ’n warrelwind van twee weke gekomponeer en daarna in nog twee weke opgeneem. Sommige snitte het weens te min tyd in die ateljee nie die album gehaal nie. Ek het intussen my liefdesverhouding met dié besondere Afrikaanse kultuurskat voortgesit en het nie opgehou om haar werk te ervaar en selfs te leef nie. Die toonsettings het bly kom. Elke keer as ek haar bundels open, kom daar iets nuuts tot my, ontdek ek iets nuuts en word ek opnuut geïnspireer. In latere albums van my, soos Volkleur DVD of Klassieke Chameleon, hoor jy gedigte wat nie op Ek herhaal jou verskyn het nie.”  As jy weer skryf het ’n baie voller klank en is meer divers. Daar is selfs rock, asook ’n kinderliedjie, op. Dit sal net betyds vir Moedersdag op die rakke wees!