Ons het net verlede week berig dat Gwyneth Paltrow blykbaar ’n nuwe kêrel het ná sy in Maart bekend gemaak het dat sy en Chris Martin hul huwelik van 10 jaar beëindig het

Nou berig Hello! dat die 37-jarige Coldplay-musikant Chris ook nuwe liefde gevind het. En dít in die arms van die 24-jarige Oscar-bekroonde aktrise Jennifer Lawrence.

The Sun berig dat Chris van Jennifer hou omdat sy die teenpool van Gwyneth is. 'n Bron het aan die koerant gesê dat Gwyneth ’n baie streng dieet en leefstyl volg, terwyl Jennifer rook en soms gemorskos eet. Sy neem haarself ook nie te ernstig op nie.

Jennifer Lawrence het verlede jaar met die Oscar vir Beste Aktrise weggestap FOTO: Gallo Images / Getty Images Jennifer Lawrence het verlede jaar met die Oscar vir Beste Aktrise weggestap
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Die gerug dat Chris en Jennifer ’n paartjie is, het in Julie begin toe hulle ná ’n Coldplay-konsert saam gesien is. Jennifer se verhouding met die akteur Nicholas Hoult (X-Men) het ook onlangs geëindig nadat hulle vir 3 jaar aan-af ’n paartjie was.

Die wêreld was geskok oor die nuus dat dié paartjie gaan skei Die wêreld was geskok oor die nuus dat dié paartjie gaan skei

Bronne: Hello!, The Sun en Daily Mail

Lees ook