In stede van “I’ll be back”, het die akteur Arnold Schwarzenegger se skrywer-dogter, Katherine, die afgelope naweek “I do” gesê. Die gelukkige man? Akteur Chris Pratt.

Die paartjie het Vrydag ’n spesiale ete by hul akteursvriend Rob Lowe se huis gehou. Die intieme seremonie het op ’n opstal buite Kalifornië plaasgevind, berig CNN. Chris se seuntjie, Jack, uit sy huwelik met aktrise Anna Farris, was ook teenwoordig. Die twee se paaie het in 2017, ná ’n huwelik van agt jaar, geskei.

Katherine en Chris het die goeie nuus op Instagram gedeel.