Die 33-jarige sangeres Christina Aguilera het vir die eerste keer bevestig dat sy swanger is én sommer ook bekend gemaak dat sy en Matthew Rutler ’n dogtertjie verwag.

Sy het dié nuus op die verhoog gedeel in Malesië terwyl sy opgetree het, berig Hello!.

Dié sangeres is reeds die ma van 6-jarige Max uit haar huwelik met die musiekvervaardiger Jordan Bratman. Hulle is sowat 3 jaar gelede geskei. Sy en Matthew het in Februarie vanjaar verloof geraak - kyk hier hoe dié paartjie verloof geraak het.

Christina met Max net na sy geborote Christina met Max net na sy geborote

Christina het ná die geboorte van Max gesukkel om die gewig af te skud - iets waarvoor sy wyd gekritiseer is. Sy het haar aanvanklik nie daaraan gesteur nie en gesê sy fokus op haar eersteling. Toe sy egter die besluit geneem het om die gewig te verloor, het dit vinnig gebeur - lees hier hoe sy 22 kg verloor het.