Die meeste van ons is terug by die werk en die kinders weer agter die skoolbanke. Maar as jy ’n hardwerkende sakevrou én voormalige skoonheidskoningin is, kan jy seker nog heerlik vakansie hou.

Cindy Nell en haar man, die sakeman Clive Roberts, is tans op ’n eksotiese vakansie in die Maldives. Hul twee kinders, Ethan (7) en Aenea (5), is saam.

Die glansryke Cindy deel die pragtigste foto’s van die gesin op Instagram.

View this post on Instagram

??????

A post shared by Cindy Nell-Roberts (@cindy_nell) on