Cindy en haar man, Clive Roberts, is al twee jaar getroud. Hulle wil glad nie weet wat die geslag van hul baba gaan wees nie. Sy is reeds in die vyfde maand van haar swangerskap en die nuweling word in Mei verwag. In 'n vorige onderhoud met SARIE.com het sy gesê: "Ons wil beslis 'n gesin hê. Ek wil drie kinders hê en Clive twee! Ons gee nie om of dit seuns of dogters is nie, ons bid net vir gesonde kinders. "Ek dink ek sal 'n great mamma wees. My ma is die beste ma ooit en as ek net die helfte so goed soos sy is, sal ek 'n sukses wees. "Clive sal 'n wonderlike pa wees en hy is reg vir kinders. Ons hou van reis, so ons sal eers so 'n paar jaar wag voor ons met 'n gesin begin. Ek dink mense wat trou, kry te vinnig kinders en geniet dit nie eers om lank genoeg net op hul eie te wees nie." Kyk hier na foto’s van Cindy en Clive se wittebrood.