Sy skryf juis vandag (Donderdag 4 November) haar laaste eksamen vir 2010 in dié vakgebied. Sy twiet vandag: "Ek hoop en bid dat ek als deurkom". Die laaste vak is psigometriese ontleding. Sou sy deurkom, sal sy gekwalifiseerd wees om psigometriese toetse te doen en bv. kinders vir moontlike loopbaanrigtings toets. Sy sou selfs potensiële Survivor-deelnemers kon toets om te sien of hulle emosioneel gereed is vir die uitdaging! Angie het nog 'n hele paar jaar oor voordat sy haarself as volwaardige kliniese sielkundige kan kwalifiseer. 

Sy's juis onlangs aangewys as 'n ambassadeur vir die bekende 46664-armbandprojek.

Sy't ander ook geïnspireer met haar onlangse SARIE-onderhoud waarin sy haar tienerstryd teen anoreksie en haar oorwinning daaroor met almal gedeel het.

"Mense wat min het, maar tog nog lag en ware joy het inspireer my" - Angelique Gerber