“Ek het dit glad nie verwag nie. Dit was die grootste verrassing van my lewe!” het sy aan Sarie.com vertel. Angelique het oor die verlowing op twitter gesê: “Ek is verloof!! Ben-G het my gevra op Mauritius se wit strand langs die blouste see! Wow dankie Jesus! Dit was so perfek!” Die paartjie het nie planne om vinnig te trou nie. Hulle wil eers die verlowing geniet en dit behoorlik vier saam met hulle vriende en familie.

Angelique en Ben-G is al die afgelope drie jaar saam. Hy is ’n skrynwerker met sy eie onderneming.

Hulle is ongelooflik lief vir mekaar en gaan vir seker ’n lang en gelukkige huwelik hê. “Ek het soveel respek vir hom, want hy’t respek vir waar ek vandaan kom,” het Angelique in ’n vorige onderhoud met SARIE vertel. Angelique se ring