In 1959, presies 50 jaar gelede, het Cliff Richard en The Shadows vir die eerste keer saam opgetree. En nou in 2009, 20 jaar sedert hul laaste optrede, is hulle terug op die verhoog - en kom maak ook 'n draai in SA!

Cliff en The Shadows (Hank Marvin, Bruce Welch and Brian Bennett) wás Britse popmusiek in die laat 1950's en vroeë 1960's - met nie minder nie as 19 toptreffers (nr. 1). Onthou jy nog Living Doll, Bachelor Boy, Summer Holiday, The Young Ones, Apache en Wonderful Land?

Saam was hulle in die flieks Summer Holiday en The Young Ones - wat uiteindelik gesorg het vir die verkope van miljoene plate.

Rondom 1968 het hul goue paadjies geskei, en in die 70's en 80's het Cliff en The Shadows teen mekaar meegeding vir die nr. 1-posisie. The Shadows het gereeld getoer en gereeld die top-10-trefferlyste gehaal. Cliff is tot vandag toe die enigste Britse kunstenaar wat nr. 1-treffers in 5 opeenvolgende dekades gehad het!

Die Final Reunion-toer skop vandeesmaand in Brittanje af waarna dit in Maart 2010 na SA sal kom.

Híér kan jy gaan kyk:

Durban (aangebied deur East Coast Radio)
Saterdag 6 Maart 2010
ICC Durban Arena

Kaartjies: R272 - R476

Kaapstad (aangebied deur 567 Cape Talk)
Dinsdag 9 Maart 2010

Kirstenbosch-tuine, Kaapstad
Kaartjies: R426

Johannesburg (aangebied deur Talk Radio 702)
Saterdag 13 Maart 2010
Superbowl - Sun City
Kaartjies R300 tot R595

Sondag, 14 Maart 2010
Coca-Cola Dome JHB
Kaartjies R296 tot R629

Kaartjies beskikbaar by
Computicket of tel 083 915 8000.