Dis nog nie 'n jaar nie en Coenie de Villiers is terug in die ateljee met 'n nuwe album, Dekade. Dit bevat die gewildste snitte van ses albums (Ek wens, Solo, Zen, Hooglied, Handgemaak en Weerlig oor die see) met twee splinternuwe liedjies, die poëtiese "Onthou" en "Gebed vir 'n reisiger", wat hy spesiaal vir Suid-Afrikaners oorsee geskryf het. En "Pie Jesu", wat hy saam met Jannie du Toit en Chris Chameleon opgeneem het, pryk ook op die CD.

"Ons gaan regtig hard probeer om die album gereed te hê vir die Stellenbosse Woordfees." Op 14 Maart om 18:00 tree hy daar in die Konservatorium op tydens die fees.
 
Hoor net hoe klink die twee nuwe liedjies:

"Gebed van 'n reisiger":
 
Sny vir my, o Heer
'n wandelstok of twee
uit die woud by Tsitsikamma
en loop dan met my mee.
 
En "Onthou":

'n Bed onthou kontoere
Van 'n elmboog of voet
Wat iewers in die donker
Hom teen die eensaamheid behoed

Lekker, Coenie!