Corine du Toit het verlede Saterdag, verloof geraak aan haar kêrel van 5 jaar, Raz Jensen.

"Ons was in Durban vir die Paasnaweek, en ons het die dag saam deurgebring en die aand lekker gaan uiteet," vertel Corine opgewonde. Hy het daar in die restaurant die groot vraag gevra. "Dit was baie spesiaal en intiem."

Corine het glad nie verwag dat hy haar sou vra nie. "Eers toe ek die ring sien, het ek besef wat aangaan," lag sy.

Op die oomblik geniet hulle die verlowing, en het reeds begin rondsoek na onthaalplekke. "Dit gaan 'n Kaapse troue wees en ons beplan om in November te trou."