As die gerugte waar is, is Courteney Cox weer getroud! Die aktrise se verloofde, Johnny McDaid, is Sondag in New York met ’n troupand gesien, berig Daily Mail.

Hierdie brokkie nuus het die internet behoorlik aan die gons - het Courteney en Johnny in die geheim getrou? Die skindertonge het begin klap toe Johnny met ’n ring aan sy ringvinger afgeneem is.

Courteney en Johnny FOTO: Twitter   @couteneycox  Courteney en Johnny
FOTO: Twitter @couteneycox

Praat van ’n verassing! As die ring wel ’n troupand is, is Courteney en Johnny een van vele paartjies wat dié jaar in die geheim getrou het.

Nog paartjies wat in die geheim getrou het

Courteney was vir 11 jaar getroud met David Arquette en is in 2011 geskei. Hy het minder as ’n week ná Courteney en Johnny verloof geraak het, ook vir sy meisie, Christina McLarty, gevra om te trou.

Lees ook