Friends-aktrise Courteney Cox was nog nie ’n week verloof nie, toe kondig haar eks-man David Arquette óók groot nuus aan!

Kyk hier na Courteney se verloofring

David, bekend vir sy rolle in Scream en Californication, het gister sy meisie, Christina McLarty, gevra om te trou, skryf Us Magazine. Lees die volledige artikel hier.

Klik hier om ’n foto van David en Christina te sien

Blykbaar het David die verlowing ’n geleentheid vir die hele familie gemaak - hy het op sy knie gesak voor sy en Christina se twee maande oue seun, Charlie West, en Coco (10), sy dogter wat hy by Courteney gehad het.

David, wat in 2010 ná 11 jaar van getroude lewe van Courteney geskei is, gaan al sedert 2011 uit met Christina, ook ’n aktrise.

Bron: Us Magazine