Die Real Madrid-sokkerster, Cristiano Ronaldo is weer ‘n pa! Sy meisie, Georgina Rodriguez, het gister geboorte gegee aan ‘n dogtertjie, Alana Martina.

Die dogtertjie is Cristiano se vierde kind, en die eerste kind wie se ma se identiteit bekend is. Sy tweeling, Eva en Mateo, is in Junie gebore na ‘n surrogaatswangerskap, en boeta Cristiano Jr. se ma se identiteit is nooit verklap nie. 

Cristiano kon nie wag om die dogtertjie te verwelkom nie. Hy het die goeie nuus op sy Instagram-blad gedeel met die byskrif: "Ons verwelkom vir Alana Martina! Dit gaan goed met Geo en Alana. Ons is baie gelukkig."

A Alana Martina acaba de nascer! Tanto a Geo como a Alana estão muito bem! Estamos todos muito felizes! ??

A post shared by Cristiano Ronaldo (@cristiano) on


Cristiano was voorheen baie privaat en het byna nooit sy gesinslewe en verhouding met die buitewêreld gedeel nie. Hy het egter vanjaar vir aanhangers ‘n blik op sy huishouding begin gee. 

Ensinando aos meus 2 filhos com talento, trabalho e dedicação e a única forma de chegar a ser o número 1????????

A post shared by Cristiano Ronaldo (@cristiano) on

Hy het op Instagram 'n foto gedeel van hom en sy drie kinders, Cristiano Jr. en die tweeling Eva en Mateo, met 'n skildery van sy pa in die agtergrond. Die byskrif in Portugees lui (vertaal): "Jy sal altyd by ons wees. Geluk, Pa. Geluk, Oupa." Cristiano se pa, José Dinis Aveiro, is in 2005 aan lewerversaking oorlede. 

Die foto het in 'n dag se tyd meer as 4,5 miljoen "likes" gekry, en aanhangers kon nie uitgepraat raak oor hoe groot die tweeling nou is nie. 

Estarás sempre connosco. Parabéns, pai. Parabéns, avô.??????

A post shared by Cristiano Ronaldo (@cristiano) on


Hy is ook duidelik smoorverlief op die 21-jarige Georgina, en hulle maak gereeld ’n verskyning op mekaar se Instagram-profiele. 

??

A post shared by Cristiano Ronaldo (@cristiano) on

Sobran las palabras ?? Os amo

A post shared by Georgina Rodríguez (@georginagio) on

L o v e

A post shared by Georgina Rodríguez (@georginagio) on


Baie geluk aan die verliefde paartjie!