Nie net wil baie sokkerklubs hê die Portugese sokkerspeler Cristiano Ronaldo moet vir hulle speel nie, groot maatskappye wil hom ook aan hul kant hê.

Emporio Armani, Nike, Coca-Cola en KFC is van die groot maatskappye waaraan Cristiano sy steun verleen. Nou is hy ook aangewys as die nuutste gesig vir die luukse Switserse handelsmerk Tag Heuer.

Met dié kontrak volg Christiano in die spore van die wêreld se grootste sterre soos Cameron Diaz, Leonardo DiCaprio, Maria Sharapova, Brad Pitt, Uma Thurman, Tiger Woods en Jenson Button wat almal al die gesig van dié luukse horlosie-handelsnaam was.

Brad Pitt en Angelina Jolie trek Johannesburg toe

Dié sexy sokkerster het die volgende oor sy nuwe kontrak te sê: "Tag Heuer is ontsettend glansryk, maar tog ook onkonvensioneel. Ons deel presies dieselfde filosofie: om die spel heeltemal te verander, die grense te verskuif en ons eie reëls te maak."

Só lyk Cameron Diaz vir Tag Heuer

Cristiano is verlede jaar vir die twee keer met die FIFA Ballon d'Or vereer - dié toekenning word gegee aan die sokkerspeler wat die beste presteer het FOTO: Instagram (@cristiano) Cristiano is verlede jaar vir die tweede keer met die FIFA Ballon d'Or vereer - dié toekenning word gegee aan die sokkerspeler wat die beste presteer het
FOTO: Instagram (@cristiano)

"Dis die eerste keer dat ons die wêreld van sokker betree en Cristiano is perfek daarvoor," sê Tag Heuer se hoof, Stéphane Linder.

SARIE se Herman vertel van die dag toe hy vir Ronaldo gesien het

Cristiano en sy meisie, Irina Shayk, by sy seun FOTO: Instagram (@cristiano) Cristiano en sy meisie, Irina Shayk, by sy seun
FOTO: Instagram (@cristiano)

Meer oor Cristiano

  • Hy is gebore Cristiano Ronaldo dos Santos Aveiro op die Portugese eiland Madeira
  • Cristiano en die Russiese model Irina Shayk is ’n paartjie
  • Hy is vanjaar die kaptein van Portugal se sokkerspan vir die Fifa Wêreldbekertoernooi
  • Hy is die pa van ’n driejarige seun, Cristiano Jr
  • Hy het verlede jaar ’n museum in Madeira oopgemaak wat sy prestasies vereer