Boekhandelaars het nog nooit soveel vooraf-bestellings moes neem en boekwinkels se deure staan al van vroegoggend af oop vir die hordes wat hul hande op een van die 6,5 miljoen eksemplare van Dan Brown se nuwe roman, The Lost Symbol, moet kry.

Da Vinci Code was 'n wegholsukses - die topverkoper-sagtebandroman van alle tye met sowat 4,5 miljoen reeds sedert 2004 verkoop. Angels & Demons, Deception Point en Digital Fortress, Dan Brown se ander romans, is onderskeidelik die tweede, derde en vierde topverkoper-sagtebandromans van alle tye in Brittanje. So, Harry Potter, staan vir eers opsy.

Selfs in Kaapstad is die grootste advertensiebord in die stad nou aan The Lost Symbol toegeken. (Sien foto.)

(Bron: www.guardian.co.uk)

Het jy geweet?
Nog net vier mense het die boek onder oë gehad voor dit bekendgestel is - en hulle moes met geheime wagwoord-kodes op 'n interne stelsel toegang tot die teks verkry.?Spoedlees-kampioen, Anne Jones, begin vanoggend aan die boek lees.
(Bron: www.guardian.co.uk)

Koop jou eksemplaar van The Lost Symbol op kalahari.net

Is jy 'n Dan Brown-aanhanger? Vertel vir ons.