Dit is 14 jaar sedert Jennifer Lopez dáái groen deursigtige Versace-rok by die Grammy's gedra het. En nou is dit weer terug ... Wie kan dié rok vergeet? Vandag is dit steeds gewaagd, maar 14 jaar gelede was dié lae halslyn op almal se lippe. 8jennifer lopez versace spring 2000 dress pressNou het Jennifer Lopez dié nommer intussen moderniseer. Eers as 'n broekpak vir die musiekvideo van haar liedjie "I Luh Ya PaPi" en gisteraand as 'n leotard vir 'n konsert. Screen Shot 2014-06-06 at 12.37.26 PM VIDEOGREEP: YouTube

Alhoewel dit nie dieselfde rok is, herinner die materiaal baie aan Versace se oorspronklike skepping.

Wat dink jy van Jennifer se uitrustings? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!