Die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, het gister ’n 100 Women in Finance-gala ten bate van "geestesgesonde" skole in Londen bygewoon. Sy het verruklik gelyk in ’n pienk Gucci-rok - ’n verfrissende keuse aangesien sy gewoonlik die ontwerpe van Alexander McQueen na groot geleenthede dra.
Kate is al baie jare betrokke by organisasies wat fokus op geestesgesondheid en die welstand van vroue en kinders. "Probleme by volwassenes soos swak geestesgesondheid, dwelmverslawing en selfs misdaad begin dikwels by dít waaraan die persoon as kind blootgestel is. ’n Mens se eerste paar lewensjare is van die belangrikstes. Juis daarom is ek betrokke by hierdie kwessies," het sy tydens haar toespraak gesê.
Die vorige dag het Kate se skoonsuster, Meghan Markle, in wit gestraal. Die swanger hertogin van Sussex en haar man, prins Harry, het ’n gala-geleentheid by die Museum of Natural History bygewoon. Meghan, wat in April haar eersteling verwelkom, het ’n Ralph Lauren-jas oor ’n Calvin Klein-rok gedra. Die uitrusting is afgerond met olyfgroen hakskoene en eenvoudige juwele.
Net soos Kate, het die hertogin steeds die Meghan-effek, wat beteken hul styl word wêreldwyd nagevolg. ’n Mens kan sien hoekom!
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET