In haar dagboek vir 2012, Leef jou lewe lieflik, kan jy elke dag aanhalings en geestelike boodskappe van gewilde Christelike skrywers lees.

Aan die begin van elke maand is daar foto’s van Juanita, lirieke van haar gunsteling-liedjies en boodskappe van haar af.

Jy kan jou persoonlike inligting en belangrike telefoonnommers byderhand hou vir noodsituasies. En ander belangrike inligting soos 2012 se skoolkalender, vakansiedae en maandelikse kalenders is altyd binne bereik.

Daar is op elke dag se blad baie ruimte vir aantekeninge, plek om jou maandelikse begroting uit te werk en ’n inspirerende aanhaling.

Maak seker jy kry dié dagboek vol inspirasie vir 2012.

Bestel jou Juanita du Plessis-dagbeplanner by Kalahari.net


HAAR MUSIEKVIDEO, 'WEES LIG'